Nuus

Jungu Josh is in die klaskamer!

27 Januarie 2023

 

Die Jungu Josh-reeks is hierdie jaar vir die eerste keer voorgeskryf in laer- en hoërskole in Gauteng. Nie net word die leerders deur die interaktiewe Jungu Josh-webtuiste en Magani-woordeboek ondersteun nie, maar daar is ook ʼn uitgebreide leesgids wat onderwysers kan gebruik om Jungu Josh 1: Die Goue Kalbas in die klas te behandel.

Constant sien uit om binnekort hierdie skole te besoek en beplan om sy kitaar saam te vat en bietjie musiek te maak!

As jy wil hê jou skool moet Jungu Josh lees, praat met jou Afrikaanse onderwyser. Henk Viljoen en Helene de Clercq van NB Uitgewers is gereed om al julle vrae te beantwoord. Kontak hulle gerus by henk.viljoen@nb.co.za of helene.declercq@nb.co.za