Skrywer

Meer oor Constant, die skrywer

Constant van Graan

Hallo daar, my naam is Constant en ek hou daarvan om stories te vertel. Soms vertel ek hulle met woorde, soms met melodieë, maar altyd met ‘n koppie koffie in die hand. Ek het eers in Kempton Park grootgeword, en later Namibië toe getrek en in ʼn huis gebly wat spook. Ek het begin skryf toe ek jonk was – in ʼn ou notaboekie met ʼn leeromhulsel.

Toe ek ouer word, het my ouers vir my ʼn kitaar gekoop. Ek was eers nie baie beïndruk nie – ek wou eerder ʼn nuwe tennisraket hê – maar later het ek my eie liedjies begin skryf en besef my ouers is wyser as wat ek gedink het. Van toe af skryf en sing ek (ek is die hoofsanger en liedjieskrywer van Pelican State), en het ek myself belowe om dit te doen tot ek nie meer kan nie. Deesdae is Potchefstroom my huis, wat ek met Rembrandt, my potplant, deel.

Ek is gereeld op Instagram en Youtube (maar ʼn bietjie minder op Facebook) as jy wil kontak maak.

Geniet Kalimbula! Maak seker jy groet vir Josh, Njeri, Charlie en al die ander karakters en onthou, as jy ʼn volle lid van die vallei wil word, moet jy die Nyamba wa Rombo-toets doen om te sien wat jou totemdier is…

``As jy antwoorde soek, dan moet jy ’n deel van jouself weggee. As jy jouself genoeg vertrou, dan sal die antwoorde jou nie net wyser maak nie, maar jou lewe red. En uiteindelik, ook die mense om jou``