Welkom by Jungu Josh
Op hierdie webtuiste sal jy al die belangrike inligting oor die reeks kry: waar jy die boeke kan koop en die nuutste nuus oor Josh en sy vriende. Hier kan jy ook agtergrond-inligting oor elke hoofkarakter kry, en oor die landskappe en stamme van Kalimbula – die magiese vallei waar alles afspeel. Maak seker jy luister na die Jungu Josh-liedjie hieronder en bestudeer ook die Kalimbula-kaart om seker te maak jy verdwaal nie! En dan…doen so gou moontlik die Nyamba wa Rombo-toets om te sien wat jou totemdier is. Onthou, die Magani- en Uchubi-stamme van Kalimbula gaan jou slegs toelaat tot die vallei as jy wel ’n totemdier het…
Boek 1: Jungu Josh en die Goue Kalbas
Jungu Josh is ’n boekreeks vol avontuur, magiese realisme en ’n tikkie fantasie. Volg die avonture van die dertienjarige Joshua McGreer, Njeri Nagadingo (15), Ngandu die wyse man en Charlie die aardwolf (ook bekend as die Viermanskap) in hul poging om die bose professor, Masjeba die heks en die gevaar uit die ooste te verslaan.
