Jungu Josh se Italiaanse avontuur!

Jungu Josh het onlangs ’n draai in Bologna, Italië gemaak by die wêreld se grootste kinderboekebeurs, die Bologna Children’s Book Fair 2025. Gesprekke is met verskeie uitgewers en agente van regoor die wêreld gevoer om moontlik die Jungu Josh-reeks internasionaal (en in ander tale) uit te gee. Verder is daar ook oor moontlike film- en videospeletjieregte vergader.Hou hierdie spasie dop … Jungu Josh mag dalk net binnekort ’n internasionale geurtjie kry!