Ná die sukses van die Jungu Josh-reeks die afgelope jaar, kan lesers en aanhangers uitsien na groot verwikkelinge in 2025. Dit sluit in: ’n grafiese novelle vir volwassenes (Jungu Josh and the Hoba Scroll) wat by Comic Con vrygestel word, die nuwe videospeletjie Jungu Josh and the Trials of the Calabash, die ontwikkeling van Boek 2 (Jungu Josh en die Kryger van Aboemondja) as ’n draaiboek, asook nuwe skole wat hierdie jaar vir die eerste keer Jungu Josh as voorgeskrewe boek in hul klaskamers kan geniet.
Verder maak Jungu Josh in April ’n draai by die wêreld se grootste kinderboekskou in Bologna, Italië, waar daar vir internasionale regte onderhandel word. Die skepper van Jungu Josh, Constant van Graan, is ook besig om ’n nuwe boek te skryf – ’n epiese bildungsroman – wat hopelik later die jaar die lig sal sien. Dit volg op Geheim in die Riete wat verlede jaar op die rakke verskyn het (indien jy nog nie jou kopie gekry het nie, besoek die NB Uitgewers-webtuiste).
Soveel dinge om na uit te sien! Hou vas aan julle sitplekke en geniet die avontuur van 2025 saam met Josh, Njeri en al die ander Jungu Josh-karakters!



