“Ons wil jou die wêreld wys, seun,” sê die twaalfjarige Kruhan se ouers toe hy die “Te Koop”- bordjie voor die huis sien staan. En van toe af trek hulle van woonwapark tot woonwapark. Dit beteken hy het al amper die hele Suid-Afrika gesien en plekke beleef waarvoor ander kinders hul voortande sal gee. Maar Kebospark is anders. Dis nie die babbellende Jaarsma-tweeling óf die eksentrieke mevrou Górecki wat sy toekoms wil lees nie. Dis die riete – dit praat met hom. Die negejarige Wijkie glo hom nie. Maar toe die otters hom een aand wakker maak en na ’n wonderwêreld lei, besef hy dis nie sy verbeelding nie. Die seun wat in ’n huis op die water woon beïndruk hom die meeste. En tog voel iets nie reg. ’n Avontuur wag wat Kruhan se lewe vir altyd gaan verander …“


Van Graan se nuwe avontuurverhaal word reeds beskryf as ’n boek wat jonk en oud eenvoudig nie kan neersit nie! Kry jou kopie nou by enige boekwinkel of aanlynplatform. En as jy in die Kaap-omgewing is, woon gerus die boekbekendstelling by op Saterdag 17 Augustus 2024 by Exclusive Books (Tygervallei). RSVP hier.



