Nuut: Die Jungu Josh-podsending!

Ons is baie opgewonde om die nuwe Jungu Josh-podsending – Josh & Kie: ’n Magiese Potgooi – aan te kondig. Kom sluit aan by Constant van Graan, skepper van die Jungu Josh-wêreld, en word deel van die opwindende stories, inspirerende gesprekke en die magiese wêreld van Jungu Josh, met nuwe episodes elke week.

Hierdie podsending is vol insigte oor die karakters en die landskappe, en het eksklusiewe agter-die-skerms-oomblikke. Dit belowe om te bekoor – of jy ’n ou aanhanger is of nuut is tot die reeks.

Luister nou na Episode 1 en 2 op Spotify, Apple Podcasts en ander platforms!

Bly ingeskakel vir meer.