Informasie

Vraag 1

Jy is altyd reg vir ʼn lekker kuier saam met jou vriende, en as jy daar is neem jy graag deel aan al die gesprekke en grappe.

Vraag 2

As jy in die natuur rondloop, vergaap jy jou aan die natuurskoon en raak jy maklik verlore in jou eie gedagtes.

Vraag 3

As jou vriend of vriendin hartseer is, is dit vir jou baie sleg en is jou dag sommer ook omgekrap.

Vraag 4

Volgens jou is daar geen grys areas in die lewe nie: ʼn mens doen ʼn ding op die regte manier, of jy los dit.

Vraag 5

Jy verkies ʼn bosveldvakansie bo ʼn seewegbreek.

Wat is jy?

Nguzanza (Jagluiperd)

Nguzanzas is natuurlike, passievolle leiers. Hulle is optimisties oor die lewe en inspireer ander met hul positiwiteit. Hulle gee om vir die samelewing en glo hulle kan verskillende mense saambring om die wêreld – en mekaar – beter te maak. Nguzanzas gee nie voor nie en is altyd eerlik: wat jy sien is wat jy kry. Hulle praat nie net nie – hulle doen.’

afAF