Category:

News

A Venetian Bow for Josh & Co.

Jungu Josh was onlangs deel van ’n handjievol uitgesoekte boeke in die Book Adaptation Rights Market van La Biennale di Venzia, oftewel die Venesië Internasionale Filmfees. Jungu Josh, wat internasionaal deur Catrina Wessels Regtebestuur verteenwoordig word, is deur Catrina Wessels en haar sub-agent, Ouida Smit, aan filmvervaardigers, stroomdienste en ander industrierolspelers voorgelê. Sien jou (en Jungu Josh!) hopelik gou by die flieks! Vir meer inligting oor die Jungu Josh-reeks, besoek jungujosh.com of kontak die agent, Catrina Wessels, by catrina@catrinawessels.com.  Mediakontak  Sara-Lea van Eden E-pos: sara-lea@s-ellepr.com Foon:

Continue reading ➝

Jungu Josh to Reach Albanian Readers with PEN Afrikaans Translation Fund Support

Die Suid-Afrikaanse skrywer Constant van Graan se jeugroman, Jungu Josh: Die Goue Kalbas, die eerste in die Jungu Josh-trilogie, is gekies vir vertaling in Albanees deur befondsing van die PEN Afrikaans Vertaalfonds, in vennootskap met die Albanese uitgewer Ombra GVG. Hierdie mylpaal is ‘n belangrike stap om die magiese wêreld van Kalimbula na ‘n internasionale gehoor te bring.  Jungu Josh: Die Goue Kalbas gaan oor die 13-jarige Josh wat reis deur die mistieke Oos-Afrikaanse vallei van Kalimbula, waar hy antwoorde

Continue reading ➝

New: The Jungu Josh podcast!

Ons is baie opgewonde om die nuwe Jungu Josh-podsending – Josh & Kie: ’n Magiese Potgooi – aan te kondig. Kom sluit aan by Constant van Graan, skepper van die Jungu Josh-wêreld, en word deel van die opwindende stories, inspirerende gesprekke en die magiese wêreld van Jungu Josh, met nuwe episodes elke week. Hierdie podsending is vol insigte oor die karakters en die landskappe, en het eksklusiewe agter-die-skerms-oomblikke. Dit belowe om te bekoor – of jy ’n ou aanhanger is

Continue reading ➝

Jungu Josh’s Italian adventure!

Jungu Josh was recently featured on the international stage at the Bologna Children’s Book Fair 2025 – the biggest fair of its kind in the world. Discussions with various publishers and agents took place and the potential publishing of the Jungu Josh series internationally (and in different languages) might be a reality soon. This includes possible film and videogame adaptations. Watch this space …

Continue reading ➝

Explore the Jungu Josh world

Ná die sukses van die Jungu Josh-reeks die afgelope jaar, kan lesers en aanhangers uitsien na groot verwikkelinge in 2025. Dit sluit in: ’n grafiese novelle vir volwassenes (Jungu Josh and the Hoba Scroll) wat by Comic Con vrygestel word, die nuwe videospeletjie Jungu Josh and the Trials of the Calabash, die ontwikkeling van Boek 2 (Jungu Josh en die Kryger van Aboemondja) as ’n draaiboek, asook nuwe skole wat hierdie jaar vir die eerste keer Jungu Josh as voorgeskrewe

Continue reading ➝

‘Geheim in die Riete’: Die nuwe boek uit die pen van Constant van Graan wat jou gaan betower

“Ons wil jou die wêreld wys, seun,” sê die twaalfjarige Kruhan se ouers toe hy die “Te Koop”- bordjie voor die huis sien staan. En van toe af trek hulle van woonwapark tot woonwapark. Dit beteken hy het al amper die hele Suid-Afrika gesien en plekke beleef waarvoor ander kinders hul voortande sal gee. Maar Kebospark is anders. Dis nie die babbellende Jaarsma-tweeling óf die eksentrieke mevrou Górecki wat sy toekoms wil lees nie. Dis die riete – dit praat

Continue reading ➝

NUUT uit Constant van Graan se pen – KRENG

“Sy woorde droog op. ’n Koue rilling gaan teen sy ruggraat af. Hy herken die oë wat deur die blare vir hom loer …” Kreng is ʼn ongewone kortverhaalbundel. Die stories vermeng nie net elemente van magiese realisme en fantasie nie, maar daar is iets sinister onderliggend teenwoordig. Met Die ander een is Paul op ʼn staptoer in die Krugerwildtuin waar hy deur iemand uit sy verlede gekonfronteer word, terwyl Kreng die leser behoorlik die skrik op die lyf jaag

Continue reading ➝

Jungu Josh in the classroom!

Die Jungu Josh-reeks is hierdie jaar vir die eerste keer voorgeskryf in laer- en hoërskole in Gauteng. Nie net word die leerders deur die interaktiewe Jungu Josh-webtuiste en Magani-woordeboek ondersteun nie, maar daar is ook ʼn uitgebreide leesgids wat onderwysers kan gebruik om Jungu Josh 1: Die Goue Kalbas in die klas te behandel. Constant sien uit om binnekort hierdie skole te besoek en beplan om sy kitaar saam te vat en bietjie musiek te maak! As jy wil hê jou skool

Continue reading ➝